Menu Close

Ken jy die ware God? / Do You Know the True God?

     

Rev. Ron Hanko

Ken jy die ware God? Nie die god van ons verbeelding nie, maar die God van die Bybel? Dis ‘n belangrike vraag, want Jesus leer ons dat die ewige lewe is om vir God en sy Seun, Jesus Christus, te ken (Johannes 17:3). As jy dus vir ewig saam met God in die hemel wil lewe, moet jy Hom ken.

As jy belangstel om die ware God te ken, dink aan die volgende:

        

(1) Die Ware God

1. Die ware God is baie goed en glorieryk. Hy is so verhewe en heilig dat niks in die hele wêreld soos Hy is nie. Hy is die ewige, almagtige, alwetende, onveranderlike God (Ps. 113:4-6).

2. Die ware God is die Skepper van die wêreld. In ses dae het Hy die hemel en aarde geskep en alles wat in hulle is. Net so het God jou ook geskep (Gen. 1).

3. Die ware God is die Onderhouer van die wêreld. Hy onderhou elke skepsel deur Sy almagtige krag. Hy gee jou lewe, asem en alles anders (Handelinge 17:25, 28).

4. Die ware God is die Absolute Heerser van die wêreld. Sy ewige wil geskied deur Sy almagtige krag. God is jou Heerser en Koning (Dan. 4:34-35).

      

(2) God se eis

1. Aangesien God jou Skepper, Onderhouer en Heerser is, aan wie jy jou lewe te danke het, eis Hy dat jy Hom as die enigste ware God eerbiedig (Ps. 33:8).

2. God vereis dat jy Hom aanbid en dien met ‘n hart wat gevul is met dankbaarheid vir alles wat Hy vir jou gedoen het (Ps. 100).

3. In eerbied moet jy God se wet, soos gegee in die Tien Gebooie, gehoorsaam. Hierdie gehoorsaamheid moet volkome en volmaak wees (Ex. 20:3-17).

4. Jou gehoorsaamheid moet uit ‘n hart van liefde kom. Jy moet God liefhê met jou hele hart en met jy hele siel en met jou hele verstand, en jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Matt. 22:37-40).

       

(3) Die mens se mislukking

1. Jy gehoorsaam egter nie God se gebooie uit liefde vir Hom nie. Jy is ‘n sondaar wat versuim om te doen wat God van jou vereis (Job 7:20; 13:23; 40:4).

2. Jy kan niks doen wat werklik goed en aangenaam vir God is nie. Selfs die beste wat jy kan doen is soos vuil lappe vir God (Rom. 3:10-18).

3. Jou sondige dade kom uit ‘n bose hart. Jy is gebore met ‘n verdorwe innerlike natuur (Gen. 6:5; Ps. 51:5; Jer. 17:9).

4. God is die heilige Een wat sonde haat en sondaars moet straf. Sonder God se genade, sal jy tot die ewige pyniging van die hel veroordeel word (Matt. 13:49-50).

       

(4) God se verlossing

1. God is ook die Verlosser wat vir Jesus Christus in die wêreld in gestuur het om sondaars van hulle sonde en die ewige pyniging van die hel te red (Jes. 43:11).

2. In Sy dood het Christus deur die pyniging van die hel gely in die plek van almal wat in Hom glo. Deur Sy dood het Hy hulle skuld betaal en vir hulle die vergifnis van hulle sondes verdien (I Petrus 3:18).

3. Christus het God se eis aan gelowiges vervul deur God volkome lief te hê en God se wet te onderhou. God sien hulle as regverdig in Christus (Rom. 5:19).

4. Christus gee geestelike lewe aan die wat deur God gered word sodat hulle in Hom glo. Hulle ken God en geniet Sy genootskap. Hulle sal vir ewig saam met die ware God in die hemel lewe (I Johannes 5:20).

      

(5) Ware geloof

1. Soek jy vergifnis vir jou sondes, die geregtigheid van Christus, en ewige genootskap met die ware God? Dan sê God vir jou: “Glo in die Here Jesus, en jy en jou hele huishouding sal verlos word.” (Handelinge 16:31).

2. Glo dat God jou Skepper, Onderhouer en Heerser is, en dat Hy jou liefde en aanbidding waardig is. Besef dat jy ‘n sondaar is wat versuim het om jou Godgegewe plig na te kom en wat verlossing nodig het. Vertrou God om jou van jou sondes te red deur die versoenende dood en oorwinnende opstanding van Jesus Christus.

3. Ware geloof sal veroorsaak dat jy jou van jou sondes bekeer. Jy sal erken dat jy ‘n sondaar is, hartseer wees oor jou sonde en rebellie teen God, en jy sal jou sonde versaak (Es. 18:30).

4. Ware geloof sal jou gehoorsaam maak. Dit sal veroorsaak dat jy probeer om God se gebooie na te kom en ‘n lewe van danksegging aan Hom te lei (Jakobus 2:17-19).

5. Ware geloof is om te glo dat verlossing nie die werk van die mens is nie, maar ‘n gawe van God. Die gelowige word gered deur die genade van God alleen (Ef. 2:8-9).

       

(6) Het jy geweet?

Ken jy die ware God en Sy Seun, Jesus Christus?

Indien nie, gehoorsaam die opdrag van God om Christus vir verlossing te vertrou.

Sonder die kennis van die ware God, wat deur geloof kom, het jy nie die ewige lewe nie, maar staar jy die ewige pyniging van die hel in die gesig.

Vir meer bronne in Afrikaans, klik hier.

Show Buttons
Hide Buttons