Menu Close

Die Vier Perde tesame Beskou / The Four Horses Considered Together

      

Ds. Angus Stewart

In die laaste twee uitgawes van die News het ons die vier perde van Openbaring 6:1-8 geïdentifiseer en verduidelik. Die wit perd gaan oor die evangelie, die rooi perd bring oorlog, die swart perd handel met die koop van voedsel en drank en die vaal perd bring die dood. Mens sou kon sê dat die wit perd met geestelike dinge in die kerklike sfeer handel en die rooi perd militêre sake in die nasionale sfeer behandel, die swart perd handel met ekonomiese sake in die handel en die vaal perd dek biologiese aspekte in die menslike/sterwens sfeer.

Die vier perde verskaf ‘n nuttige perspektief op die wesenlike kwessie van die mens se volkome verdorwenheid en die soewereine genade van God. Die kwessie van sonde van die mens in oorlog (rooi perd) groot ekonomiese ongelykhede (swart perd) en die dood (vaal perd) “want die loon van die sonde is die dood” (Rom. 6:23). Die genade van God kom na hierdie gevalle wêreld deur die prediking van die evangelie (wit perd) deur die Gees van Christus geseën aan al sy uitverkorenes. Mens kan dit aldus opsom: die eerste perd gaan oor die voortgang van genade in die kerk, en die ander drie perde met die ellende van die vloek in die wêreld.

Dit is nuttig om die effek van die vier perde op beide diegene wat voor die grondlegging van die wêreld uitverkies is (Ef. 1:4) en die verworpenes, of “die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is” (Rom.9:22). Die vaal perd en sy ruiter het gesag oor beide (Openb. 6:8), want alle mense is sedert die val sterflik. Die swart perd raak beide gelowiges en ongelowiges want sommige van al twee is ryk en sommige arm en sommige is tussen die twee uiterstes, terwyl 1 Korinthiërs 1:26-28 leer dat baie van Gods’ volk in hierdie lig geag word en arm is aan besittings. Christene is ook op verskeie maniere in oorloë betrokke (rooi perd) deur diens in die weermag, die vloot en lugmag. Dood en verminking bring pyn en droefheid by beide die godsdienstiges en die goddelose. Die wit perd ry stede en dorpe binne met die gevolg dat die uitverkorenes gered word, terwyl die verworpenes hulle verhard en sonder verskoning agterbly. Dit is geleentheid vir geestelike skeiding tussen diegene wat in ongeloof volhard en hulle aan wie genadiglik die geloof geskenk word.

Dit is alles die welbehae van die Allerhoogste en waarom die Lam die boek van Gods’ regterhand geneem het en die sewe seëls met die eerste vier: die wit, die rooi, die swart en die vaal perd geopen het!

(Vertaal deur Nic Grobler. Die Afrikaanse vertaling van die Bybel wat gebruik is, is dié van 1933/1953)

Vir meer bronne in Afrikaans, klik hier.

Show Buttons
Hide Buttons