Menu Close

Regverdigmaking en Romeine 4 / Justification and Romans 4

   

Ds. Angus Stewart

n Behoorlike begrip en hartlike liefde vir die evangelie van waarheid van regverdigmaking is in ons dae selfs meer nodig as tevore, want daar is nou drie sienings van regverdigmaking en nie net twee nie.

Ingevolge (1) Gereformeerde Protestantisme, wat die waarheid van die geïnspireerde Skrif uiteensit, is regverdigmaking God se verklaring van iemand se geregtigheid (alleen deur geloof in die Persoon en werk van Jesus Christus) Volgens (2) Rooms Katolisisme, is regverdigmaking om iemand regverdig te verklaar. Volgens die (3) Nuwe Perspektief op Paulus (New Perspective on Paul) en die Federal Vision (“Federale Visie”), se dwaal leringe wat in Protestantse Kerke (in naam) ontspring het, is regverdigmaking om iemand as ‘n lid van die verbondsgemeenskap te verklaar. So ‘n mens se goeie werke is die gronde vir sy of haar aanvaarding voor God.

Dit val op dat die derde siening ‘n vreemde amalgamasie van die eerste twee is. Die New Perspective on Paul en die Federal Vision beskou regverdigmaking, soos Protestantisme, as ‘n “verklaring”, maar anders as Protestantisme, nie ‘n verklaring dat iemand regverdig in die oë van God is op grond van die geregtigheid van Christus nie; dit is ‘n verklaring dat iemand ‘n lid van die verbondsgemeenskap of ‘n kerk is. Die New Perspective on Paul en die Federal Vision is soos Rome wat regverdigmaking sien as om die mens regverdig te maak. Die New Perspectivisme, Federal Vision en Rooms Katolisisme is eenstemmig daarin dat hulle die vals evangelie verkondig van regverdigmaking en verlossing deur die werke van die mens.

Hoewel verskeie Skrifgedeeltes aangehaal kan word, in besonder Romeine en Galasiërs, is Romeine 4 ‘n besonder goeie hoofstuk oor die evangelie van regverdigmaking teenoor die dwalinge van die New Perspective on Paul, die Federal Vision en die kerk van Rome.

Eerstens bevat Romeine 4 baie van die sleutel onderwerpe en temas wat nou met regverdigmaking verband hou, soos Abraham en Dawid, geloof en belofte, werke en die wet, besnydenis en die verbond, en Jode en heidene.

Tweedens bevat Romeine 4 baie verwysings na die toerekening deur God: Sy aanvaarding en toerekening van geregtigheid aan gelowiges. Toerekening is ‘n rekenkundige term wat daarna verwys dat iets positiefs tot ‘n persoon se rekening bygevoeg is. Toerekening is waarskynlik nooit tevore met soveel kwaadwilligheid aangeval, ontken en bespot, nie net deur Rome nie maar ook deur die New Perspective on Paul en die Federal Vision. In die 25 verse in Romeine 4 is daar nie minder nie as 11 wat oor God se handeling van toerekening, inagneming en besluite gaan nie.

Derdens demonstreer Romeine 4 in besonder dat die vyf solas van die Reformasie Bybels is. Regverdigmaking is (1) deur geloof alleen (sola fide), (2) deur genade alleen (sola gratia), (3) in Christus alleen (sola Christus), ooreenkomstig die Skrif alleen (sola Scriptura) en tot verheerliking van God alleen (soli Deo gloria). “Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie” (Rom. 4:8). Geseënd is die grote naam van God vir sy genadige toerekening van die geregtigheid van Christus aan ons, onwaardige sondaars!

(Vertaal deur Nic Grobler. Die Bybelvertaling wat gebruik is, is die AOV van 1933/53.)

Vir meer bronne in Afrikaans, klik hier.

Show Buttons
Hide Buttons