Menu Close

Vir Wie Het Christus Gesterf? / For Whom Did Christ Die? – John Owen

     

Die Vader het Sy toorn opgelê, en die Seun is gestraf vir, of:

  1. Al die sondes van alle mense.

  2. Al die sondes van sommige mense, of

  3. Sommige van die sondes van alle mense.

Nou kan gesê word:

  1. As die laaste opsie waar is, dan het alle mense ‘n paar sondes het om voor te antwoord, en daarom word niemand gered nie.

  2. As die tweede opsie waar is, dan het Christus in die uitverkorenes se plek gely vir al hulle sondes. Dit is die waarheid.

  3. As die eerste opsie die geval is, waarom is alle mense dan nie vry van die straf vir hulle sondes nie?

Jy kan dalk antwoord, “As gevolg van ongeloof.” Nou is die vraag: Is hierdie ongeloof sonde, of is dit nie? As dit is, dan het Christus die straf daarvoor gely, of Hy het nie. As Hy inderdaad het, waarom moet dit hulle meer keer as die ander sondes waarvoor Hy gesterf het? As Hy nie het nie, het Hy nie vir al hulle sondes gesterf nie!

– Dr. John Owen (1616-1683), visekanselier van die Universiteit van Oxford


Vertaal uit die oorspronklike Engels. Die Afrikaanse vertaling van die Bybel wat gebruik is, is dié van 2020.

Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor ons sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing … Ná die swaarkry wat hy beleef het, sal hy sien; hy sal versadig wees aan sy kennis. “My dienskneg sal hom as ‘n regverdige betoon aan baie, en hulle sondeskuld – hy sal dit op hom laai.” (Jesaja 53:5, 11).

Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape … net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken. En Ek lê my lewe af vir die skape … Maar julle glo nie, omdat julle nie van my skape is nie.” (Joh. 10:11, 15, 26).

Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir hulle wat U aan My gegee het, omdat hulle aan U behoort.” (Joh. 17:9).

…en diegene wat Hy vooruit bestem het, het Hy ook geroep; en diegene wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek; en diegene wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik … Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal oorgelewer het – hoe sal Hy nie ook saam met Hom alles aan ons skenk nie?  Wie sal die uitverkorenes van God aankla? God is die Een wat •vryspreek!  Wie sal ons veroordeel? Dit is Christus Jesus wat gesterf het; meer nog – wat opgewek is, wat ook aan die regterhand van God sit en wat ook vir ons intree.” (Romeine 8:30, 32-34).

Jakob het Ek liefgehad, maar van Esau het Ek ‘n afkeer gehad.” (Romeine 9:13).

Mans, julle moet julle vroue liefhê, soos ook Christus die kerk liefgehad het en Homself ter wille van haar oorgegee het,” (Efesiërs 5:25).

Vir meer bronne in Afrikaans, klik hier.

Show Buttons
Hide Buttons