Rev. Angus Stewart
Inleiding
Ons het in die vorige artikel na Pentekostalisme, Charismatisme en Neo-Charismatisme, die drie golwe van Charismatiese Christenskap in die twintigste eeu tot op hede gekyk. Nou is daar ander vrae wat ons moet antwoord. Byvoorbeeld, het ander groepe voor hulle soortgelyke sienings gehad? Wat was die neigings en ontwikkelinge van hierdie bewegings? Wat was die teologiese stand van diegene wat hulle teëgestaan het?
John Wesley
‘n Sleutelfiguur in Charismatiese Christenskap voor die uitbreek van Pentekostalisme, en een in wie baie van die hoof beginsels daarvan gevind word, ten minste in hul aanvanklike vorm, is niemand anders nie as John Wesley (1703-1791).
In Wesley, net soos in moderne Charismatiese Christenskap, sien ons algehele of volslae vrye wil. Meer as 99% van die Charismatiese beweging voer openlik aan dat verlossing geskied deur die mens se vrye wil, so asof die Bybel nie sê dat verlossing nie te wyte is aan enigiets wat die mens doen nie, maar dat dit uitsluitlik is as gevolg van God se genade (Rom 9:16).
Terwyl Wesley uitverkiesing en verwerping ontken en verafsku het (kontra, bv. Matt. 11:25-27; Rom. 9:10-24) met behulp van die Arminiaanse siening van “voorkennis“, is ‘n algemene siening van predestinasie in vernuwingskringe die volgende: God het ‘n wonderlike bestemming vir elke individu, maar dit hang van jou af, met jou keuses en jou besluite en jou optrede, of jy dit sal vervul of hoeveel daarvan jy sal ontvang.
Die absolute soewereiniteit van die ware God van hemel en aarde word verwerp (Ps. 135:4-12) deur Pinksters, Charismate en Neo-Charismate.1 Dit is baie vreemd dat mense wat kwansuis met die Gees gevul is, die geïnspireerde onderrig van die Heilige Gees in die Bybel weerspreek! Hierdie klaarblyklike gelowiges gebruik dikwels die metafoor van die vars briese van die Gees, maar ontken die soewereiniteit van die wederkerende Gees wat waai waar Hy wil (Joh. 3:8). In plaas daarvan, word hulle rondgewaai met al die slegte winde van Arminianisme (Ef. 4:14).
Daar het verskeie Charismatiese verskynsels by Wesley se herlewingsbyeenkomste onder sy volgelinge voorgekom: drome, visioene, openbarings, genesing, uitroepe, mense wat val, ens. Wesley het ook sy volgelinge geleer van ‘n tweede genadewerk ná bekering.
Vir hom was hierdie tweede goddelike werk volkome heiligmaking. So, hy het die weg voorberei vir die doop met die Heilige Gees as ‘n tweede genadewerk. Daar is ook ander parallelle tussen Wesley se sienings en dié van moderne Charismatiese Christenskap: leke prediking, vroue prediking, vroue predikante, valse ekumenisme, die bevordering van propaganda deur die skryf en sing van ongeïnspireerde gesange, ens.
Hier is ‘n vereenvoudigde geslagsregister van Charismatiese Christenskap vir die afgelope driehonderd jaar, insluitend ‘n opsomming van wat ons tot dusver gesien het: Wesley aan die Metodiste- en Heiligheidskerke tot herlewing en tweede-seën leerstellings. Uit hierdie bewegings is Pentekostalisme gebore en was toe grootliks vasgevang in Pentekostalisme wat gelei het tot Charismatisme (toe Pinkster idees die hoofstroom denominasies betree het). Dit het op sy beurt Neo-Charismatisme tot gevolg gehad, wat in die Charismatiese gawes glo, maar wat die idee van die doop met die Heilige Gees laat vaar het en minder konfronterend is.
Ander Voorlopers
As ons verder terugkyk in die kerkgeskiedenis, is daar ander voorlopers van twintigste- en een-en-twintigste-eeuse vernuwing. Kom ons kyk na ‘n paar van die bekendstes. Eerstens, in die vroeë, post-apostoliese tydperk, was daar Montanisme, met sy ekstatiese uitsprake, vroulike leiers, nuwe openbarings, drome van ‘n dreigende millennium en vervalste voorspellings. Montanisme is wyd veroordeel en deur die kerkvaders gekasty as ‘n werk van die duiwel.2 Tog het John Wesley die Montaniste “regte Bybelse Christene” genoem!3
Tweedens het die Charismatiese gees ook deur die “Franse profete” gewerk, veral in die twee dekades voor en na 1700. Hierdie “profete” was swak opgeleide Franse Protestante wat na vore gekom veral nadat die kerk se opgeleide leiers en ander onder die Franse Rooms-Katoliek, koning Lodewyk XIV, vermoor is. Sommige van hulle en hul sienings het buite Frankryk na Engeland versprei, waar hulle ook probleme en hartseer veroorsaak het.
‘n Derde party wat as voorloper van Pentekostalisme gedien het, was Edward Irving (1792-1834). Hy ‘n afvallige Skotse Presbiteriaan wat in Londen gewerk het. Hy het aangevoer dat Christus besete was met “sondige vlees” wat slegs van sonde weggehou is deur die Here se groot stryd deur die Heilige Gees. Irving het geglo in voortdurende profesie en die gawes van tale en wonderwerke, hoewel hy relatief jonk gesterf het in die sekerheid dat hy van sy laaste siekte genees sou word.
Hoewel hy uit sy kerk ontslaan en uit die bediening gesit is, het sy ou Londense gemeente die Katolieke Apostoliese Kerk geword, kompleet met twaalf nuwe apostels en mense in die “viervoudige bediening” (Ef. 4:11), wat vernuwings idees na baie lande regoor die wêreld versprei het.
Charismania word ook gesien in verskillende mense en bewegings in die Rooms -Katolisisme en Oosterse Ortodoksie, veral in die meer mistieke tradisies van beide en veral onder die monnike. Die “Pinkster- en Charismatiese Tydlyn” in The New International Dictionary of Pentecostal and Charismatic Movements het twee inskrywings vir daardie bewegings in die sestiende eeu.4
Een daarvan is die Anabaptis Thomas Müntzer, ‘n rebelleleier in die Duitse Boereoorlog (1524-1525). Müntzer het beweer dat hy direkte openbarings van God in visioene en drome ontvang het, en het aangevoer dat daar ‘n dreigende millennium is.
Die ander is die Rooms-Katoliek Ignatius van Loyola, die stigter van die Jesuïete en ‘n leidende figuur in die teenhervorming, wat probeer het om die kerk van Jesus Christus in Europa uit te wis. Hy het gespog met gereelde visioene en die gawe van trane. Miskien sal die Pinksters inval by die gawe van trane in die jare wat kom? Sommige reken selfs dat Loyola in tale gesing het!
Pinksters, Charismate en Neo-Charismate is welkom tot die voorlopers soos die Anabaptistiese rebel, Thomas Müntzer, en die Rooms-Katolieke Jesuïet, Ignatius Loyola. Maar moderne vernuwingsgesindes kon nie, en het gelukkig nie eens probeer om aanspraak te maak op enigiets in die sestiende-eeuse Hervorming nie.
In kort, Pentekostalisme, Charismatisme en Neo-Charismatisme is direk in lyn om te ontwikkel in ‘n valse kerk en nie die ware kerk nie (Belgiese Belydenis 29), terwyl ons deur God se genade saam met Martin Luther teen die Anabaptistiese Zwickau-profete en Johannes Calvyn teen Rooms-Katolieke wonderwerke staan.5