Menu Close

Die Vrou in die Amp

Prof. Ron Cammenga

Die artikel het oorspronklik onder die titel Women in Church Office, verskyn in die boek Far Above Rubies: Today’s Virtuous Woman, Herman Hanko (red.) (Grand Rapids, MI: Reformed Free Publishing Association, 1992), pp. 157-174. Dit is vertaal en verwerk deur Hannes vanHeerden.

Aanhalings

“Wat die skynheiliges of wyse manne van die wêreld ook mag dink, God vind behae in ‘n vrou wat die posisie wat aan haar toegewys is, as ‘n roeping sien en haar daaraan toewy, wat nie terugdeins van die onangenaamhede wat saamgaan met die kook van kos, die siekte, die moeite of liewer die angsvolle afwagting verbonde aan die baar van kinders of enige iets anders wat haar taak is nie—God vind veel minder behae daarin as sy ‘n enige ander heroïse deugde het en weier om haar Godgegewe roeping te vervul.” – Johannes Calvyn oor I Tim. 2:15

” ‘n Vrou onderneem geen klein rol in die hele administrasie nie, sy is die opsiener van die huishouding. Sonder haar kan nie eers politieke sake behoorlik gevoer word nie. Indien hulle huishoudings in verwarring en deurmekaar is, sal diegene wat betrokke is by die politiek van die dag by die huis gehou word en die politick van die dag sal swak bestuur wees. Dus is sy in nóg sulke sake, nóg die geestelike, minderwaardig.” – John Chrysostom

“Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou … Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.” – I Tim. 2:11-12, 15

Inleiding

Dat die onderwerp van die artikel ‘n lewendige saak in die kerkwêreld van vandag is, is duidelik. Die rol van die vrou is ‘n veel besproke aangeleentheid in die wye wêreld en spesifiek in die moderne Amerikaanse (lees Suid Afrikaanse – HvH) samelewing. Ons leef in die tyd van die bevryding van die vrou, vroueregte en die feministiese beweging. Vroue dring aan op gelykheid met mans en is op seck na selfverwesenliking, nie in die huis of in die versorging van ‘n gesin nie, maar in die beroepswêreld en loopbane wat tradisioneel deur mans gevul is. Die vrouebeweging het hoogs georganiseerd geword, ‘n krag om mee rekening te hou. ‘n Organisasie soos NOW (“National Organization for Women”) lê hulle toe op politieke aksie en die verspreiding van propaganda namens die vroueregte beweging. Regoor die land word druk geplaas op organisasies wie se lidmaatskap tradisioneel tot mans beperk was om vrouens as lede toe te laat. Dit is dus te verstane dat daar ‘n parallele beweging in die kerke bestaan wat druk toepas vir die aanvaarding van die vrou in die amp van leraar, ouderling en diaken. Die algemene vergaderings en sinodes van die kerke was die laaste paar jaar druk besig met hierdie vraag en dit lyk of dit so sal voortgaan vir die afsienbare toekoms. In joernale en kerk tydskrifte verskyn artikels daarvoor en daarteen. Verskeie boeke is oor die onderwerp geskryf. Vrouens word in groter wordende getalle toegelaat tot kweekskole. Verder het baie kerke reeds, sommige met en ander sonder die toestemming van die meerdere kerklike vergaderings, vrouens in die ampte bevestig.

Ten beste is hierdie ‘n ernstige dwaling, anders ‘n doelbewuste en vyandige aanslag. Dit is ons oortuiging dat die Bybel nie toelaat dat die vrou elke amp mag beklee wat die man beklee nie en dat die vrou geroep is tot onderwerping aan die man in die huis en die kerk. Dit is nie ‘n standpunt “teen” vroue nie, maar “vir” vroue, die enigste standpunt “vir” vroue. Die Bybel is pro-vrou, dit beteken dat die Bybel die vroue se eie belang op die hart het en voorskryf wat die beste is vir die vrou self. Juis omdat die kerk gedryf word deur wat die beste is vir die vroue self, moet die kerk toegewyd aan die leer van die Skrif vashou in die hantering van die vraag oor die vrou in die amp.

Die Bybel se Standpunt oor die Vraag

Die Bybel skryf ‘n groot en belangrike plek toe aan die vrou in die kerk. Dit kom duidelik na vore, in die eerste plek, in die verhouding van Jesus met verskeie vroue. Jesus het belanggestel in, en het tyd afgestaan om die behoeftes van vroue aan te spreek. Hy het hulle nooit verkleinerend behandel of enigsins as minderwaardig geag nie. Hy het sewe duiwels uit Maria Magdalena gedryf. Hy het die evangelie verkondig aan die Samaritaanse vrou by die put van Jakob. Hy verdedig en vergewe die vrou wat na Horn gebring is vanweë haar owerspel. Hy wek die seun van die weduwee van Nain op uit die dood en bevry die dogter van die Siro-Finisiese vrou van die mag van ‘n duiwel. Verskeie vroue was besonder naby aan Jesus en het ‘n hartlike persoonlike verhouding met die Verlosser gehad. Die mees prominente van hierdie vroue was Maria en Martha, die susters van Lasarus, en Maria Magdalena. Dit is opvallend dat hierdie vroue die laastes was wat die gebeure by die kruis verlaat het en die eerstes aan wie die evangelie van die opstanding verkondig is. Christus het egter nie een van hierdie vroue geroep om een van sy twaalf disippels te wees of later as ‘n apostel uit te gaan nie.

Dieselfde prominente plek het aan vrouens in die vroeë kerk behoort. Daar was verskeie vrouens onder die 120 dissipels in die bovertrek toe die Heilige Gees uitgestort is op Pinksterdag. Ons lees gereeld van die vroue in die kerk in die boek Handelinge. Verskeie van die vroue het beide die apostels en die gemeente van God gedien. Daar was Dorkas (of Tabita) wat uit die dood opgewek is deur Petrus, van wie ons lees dat sy vol goeie werke en aalmoese was (Hand 9:36). Die eerste bekeerling van die apostel Paulus in Filippi was Lidia, die purperverkoopster. Paulus onthou die ongefeinsde geloof van die jong Timótheus, wat eers in sy ouma Loïs en in sy moeder Eunice was. Dit is hulle wat Timóteus die Skrifte geleer het (II Tim. 1:1-5). Priscílla, saam met haar man Aquila was vir Paulus tot groot hulp in sy sendingsaktiwiteite.

Mens kan dus nouliks die apostels daarvan beskuldig dat hulle vroue sleg behandel of geïgnoreer het, of dat hulle vroue ‘n plek in die gemeente en breër samelewing ontsê het. Hulle het die vroue geëer en met respek van hulle gepraat. Hulle het die vroue se dienste waardeer en hulle aangepoor en geprys. Maar die apostels het geen vroue in die ampte van ouderlinge, diakens of leeraars bevestig nie. Hierdie vroue het die apostels bygestaan, na díe armes omgesien, die jonger vroue onderrig, hulle huise versorg en hulle kinders grootgemaak in die vrees van die Here, maar hulle het nie gepreek, in die ouderlingsbanke gesit of in die amp van diaken gedien nie. Hierdie belangrike en prominente plek wat die Bybel aan die vrou gee, is in lyn met die leer van die Skrif oor die gelykheid van die vrou aan die man. Die leer van die onderwerping van die vrou aan die man en dat die vrou die “swakker geslag” is, doen nie afbreuk aan die gelykheid van man en vrou nie.

Dit dui daarop dat die hele vraag oor die vrou in die amp nie ‘n vraag is oor die gelykheid van man en vrou nie. Gelykheid en verskillende rolle staan nie teenoor mekaar nie. Inteendeel, dít ís twee aspekte van die leer van die Skrif oor hierdie aangeleentheid. Daar is ‘n bepaalde Bybelse gelykheid van die vrou aan die man. Die skepping dui dit reeds aan: beide die man en die vrou is geskape na die beeld van God (Gen. 1:27). Ook God se bevel om te heers oor die skepping gaan uit na beide man en vrou volgens Gen. 1:28. Die feit is dat die gedeeltes in die Nuwe Testament wat die onderhorigheid van die vrou aan die man leer, is daar telkens uitsprake oor hulle gelykheid en wedersydse afhanklikheid. Die Skrif doen moeite om te waarsku teen die gebruik van die hoofskap van die man as regverdiging vir ‘n harde, outokratiese, dominerende heerskappy. So lees ons in I Kor. 11:11-12: “En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie. Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God.” Die man ís uit die vrou. is afhanklik van die vrou en is geroep om sy hele lewe aan haar sy te leef. In I Petrus 3:7 sê die apostel: “Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.” Die man en vrou is gesamentlik erfgename van God se genade en die ewige lewe. Die Skrif leer ook dat die man en vrou gelyk deel het aan die verdorwenheid van die mens. Beide moet gered word. Jesus Christus is die Redder van man en vrou. Albei ontvang die Heilige Gees en deel daarom gelyk ín die ampte van al die gelowiges; dié van koning, priester en profeet. Soos Joël geprofeteer het, is die Gees uitgestort, nie net op die seuns van Israel nie, maar ook op sy dogters (Joël 2:28-29).

Die Bybelse Verbod op die Vrou in die Amp

Hoewel al die bogenoemde waar is, plaas die Bybel ‘n verbod op die vrou in die spesiale ampte binne die gemeente. Enige regverdige en eerlike hantering van die skrifgedeeltes sal tot hierdie gevolgtrekking lei—soos die kerk tot onlangs aan vasgehou het. Wat is hierdie skrifgedeeltes?

In die eerste plek, leer die geskiedenis soos geopenbaar in die Ou Testament duidelik God se wil dat die leierskap en ampte in sy kerk aan mans toevertrou word. Die leierskap rolle word konsekwent in die Ou Testament deur God aan mans toegewys. Noag is deur God geroep om die ark te bou en die kerk uit die ou wêreld uit te lei en in die nuwe wêreld in te lei na die vloed. Dit was die aartsvaders Abraham, Isak en Jakob en Jakob se twaalf seuns wat die kerk gelei het in die tyd na die vloed. Dit was die man Moses wat deur God geroep is om Israel uit die mag van Egipte te verlos en te lei na die beloofde land. Dit was Josua wat deur God aangestel is om die kinders van Israel uiteindelik in die land Kanaän in te lei.

<p”>In die Ou Testament het God die amp van priesterskap aan Aäron en die manlike lede van sy familie toegewys. Nie een vrou was ooit aangewys as priester nie. Daar was ook ouderlinge reg deur die Ou Testament tot in die tyd van die Nuwe Testament, maar daar word nooit melding gemaak van ‘n vroulike ouderling onder enige van die stede van Ou Testamentiese Israel nie. Net so het geen vrou ooit die troon in Israel beklee nie, behalwe vir die goddelose Atália, wat uiteindelik gedood is in opdrag van die godvresende priester Jójada.

Die manlike leierskap van die kerk het aangehou in die vroeë Nuwe Testament. Die Here Jesus het twaalf mans geroep, nie ses mans en ses vrouens nie, om sy dissipels te wees. Petrus, onder leiding van die Heilige Gees, roep die 120 gelowiges in Hand. 1:21 om een “van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het” te kies in die plek van Judas Iskariot. Die Heilige Gees het die kerk gelei, vogens die eerste gedeelte van Hand. 6, om sewe manne van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en waarheid, aan te stel as die eerste persone wat die amp van diaken gevul het. Die sinode in Jerusalem, soos dit verhaal word in Hand. 15, was nie net ‘n alleen manlike vergadering nie—die besluit van die vergadering was om manne uit hulle te kies om Paulus en Barnabas na Antiochië te vergesel om die kerk daar in te lig oor die vergadering se besluite.

Dat die Nuwe Testament leer dat mans die spesiale ampte sal vul, is duidelik vanuit die gedeeltes wat praat oor die eienskappe van ampsdraers, I Tim. 3 en Titus 1. Hierdie gedeeltes praat duidelik van mans, en nie van vrouens nie, as ouderlinge en diakens in die kerk. Onder die einskappe wat genoem word, is dat die ampsdraers die man van een vrou moet wees en praat duidelik nie van die vrou van een man nie. Daar was duidelik geen vraag in die gedagtes van die apostels of van die vroeë kerk oor die wil van God dat mans die leraars, ouderlinge en diakens moet wees nie.

Bo en behalwe bogenoemde argumente, is daar spesifiek twee gedeeltes in die Nuwe Testament wat uitdruklik verbied dat vroue die ampte mag vul. I Kor. 14:34-35 is die eerste van hierdie twee gedeeltes. “Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê. Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.”

Hierdie gedeelde is in effek so duidelik dat die betekenis daarvan voor die hand liggend is vir enige iemand wat Engels (lees Afrikaans – HvH) kan lees. Die apostel roep vroue op om stil te wees in die kerk. Dit beteken nie dat vroue nie in ‘n kerkgebou mag praat nie. Die feit dat hulle nie toegelaat word om te praat nie, het betrekking op die preek of onderrig gee in die kerk van die Here. Die amptelike bediening van die Woord van God, wat terloops nie alleen die werk van die predicant is nie, maar van al die ampsdraers—ouderlinge en diakens inkluis—is dit wat verbode is vir vroue.

Die tweede gedeelte is I Tim. 2:11-12: “Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.” Die apostel praat in hierdie gedeelte oor die openbare eredienste van die kerk. Volgens I Tim. 3:15, het die eerste brief van Timotheus betrekking op die behoorlike optrede binne die huis van God, die kerk van God. Die behoorlike optrede van vroue in God se huis, is dat hulle nie onderrig gee nie. Vir ‘n vrou is om onderrig te gee, onbehoorlike optrede. Weereens—in die kerk. Vroue word nie in die algemeen verbied om onderrig te gee nie. Hulle mag, en moet, hulle kinders tuis opvoed. Hulle mag die plek van die ouer inneem in die Christelike skool en die verbondskinders onderrig. Hulle moet onderrig gee in die sin van gesprek en getuienis teenoor diegene met wie hulle in kontak kom dag vir dag. Hulle mag sondagskool onderrig gee en ook mekaar leer in die bybelstudie verenigings van die kerk. In Titus 2:4-5 gee Paulus opdrag aan die ouer vrouens om die jonger vroue te onderrig om goeie eggenotes en moeders te wees. Hulle mag egter nie onderrig gee in die kerk nie. Dit is vir hulle verbode om die kansel te betree en te preek.

Meer nog, Paulus laat ook nie toe dat die vrou “oor die man te heers” nie. Die vrou mag nie die amp beklee van die regerende ouderling nie. Die vrou wat dit doen vergryp haar, sy tree nie op met gesag van God nie. Die vrou moet haar daarteenoor laat leer in stilte. Sy moet leer, sy moet groei in haar kennis en verstaan van God se Woord, maar sy moet dit in stilte doen. Dit beteken nie sonder om te praat nie. Die apostel bedoel daarmee sy moet haar bepaal tot haar eie sake en nie betree op die gebied wat God aan die mans van die gemeente opdra nie.

Sy moet dit doen in “alle onderdanigheid”. Onderdanig beteken gehoorsaam wees. “Alle onderdanigheid” hier beteken ten volle gehoorsaam. Die begronding vir die leer van die apostel is tweeledig. Eerstens, in I Tim. 2:13, begrond die apostel dit in die skepping: “Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva”. God het Adam eerste geskep en Eva daarna. Nie alleen is Adam eerste gemaak nie, maar God het die vrou uit Adam vir Adam gemaak. In I Kor. 11: 8-9 sê Paulus: “Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man. Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.”

Tweedens leer Paulus in die brief aan Timótheus (vers 14) dat Adam nie verlei is nie, maar dat die vrou haar laat verlei het en in oortreding gekom het. Dit beteken natuurlik nie dat Adam nie gesondig het en nie geval het nie. Ons weet van beter. Adam was egter nie verlei in die sin wat Eva verlei is nie. Eva is eerste verlei, en sy is volledig verlei. Sy het die leiding geneem in die val; sy was die een wat met die slang gepraat het, wat deur die slang se versoeking mislei is en het die middel geword waardeur Adam tot ‘n val gekom het. Die opneem van die gesag wat nie aan haar behoort het nie, het ‘n belangrike rol gespeel in die oorspronklike val van die menslike ras. Die gevolg—sy sal nie onderrig gee nie, ook nie gesag opneem oor die man nie, maar haar laat leer in stilte.

Ondersoek na Sekere Argumente Ten Gunste van die Vrou in die Amp

Ten spyte van die duidelike leer in die Skrif wat die vrou verbied om die kerklike ampte te vul, word verskeie argumente voorgehou deur voorstaanders van die vrou in die amp om hierdie leer omver te werp en hulle standpunt te ondersteun dat die kerk die ampte moet oopstel vir vroue. Ons behoort te kyk na die belangrikste argumente van hulle wat die vrou in die amp voorstaan.

In die eerste plek is daar die verwysing na sekere vroue in die Ou Testament wat die amp van profeet gevul het. Die Ou Testament vertel van drie profetesse: Miriam (Moses se suster), Deborah (beide profeet en rigter) en Hulda. Drie dinge moet in ag geneem word. Eerstens is dit dat hierdie die enigste uitsonderings is wat opgeteken is in die Ou Testament van die duidelike algemene reel dat mans die ampte moet vul. Tweedens was dit waar in twee van die gevalle, die van Deborah en Hulda, dat die algemene geestelike toestand van Israel baie laag was. Hulle is deur God geroep in ‘n tyd van groot afvalligheid. Die rede waarom God hulle opgerig en in die amp van profeet aangestel het, was eenvoudig omdat daar geen mans in Israel was wat geskik was om die amp te vul nie. Derdens is dit deur direkte openbaring van God waardeur hierdie vroue tot die amp geroep is. Hulle was profete, d.w.s. persone aan wie God direkte, onmiddelike openbarings gegee het. Ons kon vroue tot die amp toegelaat het as dit steeds so was vandag. God gee egter nie meer spesiale openbarings nie. Die gevolgtrekking is dus duidelik: Daar kan nie vroulike ampsdraers meer wees nie.

Tweedens word die argument voorgehou dat die vrou se algemene onderwerping aan die man en spesifiek haar onderwerping in die kerk, wat die vorm aanneem van nie-die-ampte-vul-nie, is ‘n deel van die vloek en is gebasseer slegs op die gevolge van die sonde en die val. Daar word verwys na Gen. 3:16, “Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou mas sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.” Hierdie was die woorde van die vloek wat God aangekondig het teen die vrou a.g.v. die sondeval. Die volgende verse verwoord God se vloek oor die man, dat die grond vervloek sal wees om sy ontwil en dat hy met moeite daaruit ‘n bestaan sal maak.

Die argument word so gevoer. Adam en Eva is oorspronklik in volkome gelykheid voor God geskape. Die sondeval het hierdie gelykheid vernietig, sodat die onderhorigheid van die vrou aan die man deel is van God se oordeel oor haar. Deel van die werk van Christus is om die vrou te verlos van hierdie deel van sonde en die vloek. In die kerk se taak om die werk van Christus te voltooi, moet die kerk haarself inspan om die vrou op te hef, haar in oorspronklike posisie van volkome gelykheid te herstel, en dit vir haar moontlik maak om volledig in die kerk diensbaar te kan wees. Net soos ons die gevolge van die sonde teenwerk met onsmettingsmiddels en pynverligters tydens kraam en lugversorde trekkers vir werk, so moet ons poog om die hoofskap van die man teen te werk, omdat dit alleen maar rus op die sondeval en die gevolge daarvan.

Let op dat hierdie argument berus op twee voorveronderstellings. Eerstens dat daar nie ‘n hoofskap van die man oor die vrou voor die sondeval in die volmaakte skeppingsorde was nie. Tweedens dat die heers van die man oor die vrou deel is van die vloek, iets wat in sigself boos is, ‘n gevolg van die sonde. Twee punte moet opgemerk word in antwoord op hierdie argument. Eerstens stem ons saam dat pogings om die gevolge van die sondeval te verlig toelaatbaar is. Daar is niks daarmee op sigself verkeerd nie. Maar ons doen dit—nie deur die feitlikhede wat in Gen. 3 genoem word te verwyder nie: geboorte skenk, werk en die onderwerping van die vrou aan die man se gesag. Hierdie realiteite is nie self die oordeel wat oor die man en vrou aangekondig is nie. Ons doen dit deur dit te beveg wat hierdie werklikhede verwring. In die geval van die man se heerskappy oor die vrou, doen die apostels dit in die Nuwe Testament deur mans aan te spoor om hulle vrouens lief te hê en te eer, hulle te versorg en te koester en nie verbitterd te raak nie.

Tweedens is ons antwoord op hierdie argument dat die Skrif nêrens self vrouens oproep om aan hulle mans of in die kerk onderhorig te wees omdat dit die gevolg van die sonde en die sondeval is nie. Die Nuwe Testament is konsekwent in sy appél op die skeppingsorde—die voor-die-sondeval orde wat die beginsel vestig van die vrou se onderhorigheid. Die feit is dat dit God se skeppingsorde is, soos ons sien in Gen. 1 en 2 wat die vaste basis vorm vir die Nuwe Testamentiese verbod teen vroulike gesag in die ampte van die kerk of in die huwelik en gesin. Dit is I Kor. 11:8-9, I Tim. 2:13, en Ef. 5.

‘n Derde argument vir die vrou in die kerklike ampte is die volgehoue beroep op Gal. 3:28. In die gebruik van hierdie gedeelte, herinner die voorstaanders van die vrou in die amp ons aan ‘n hond wat net een blaf het. Die teks is: “Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.” Laat dit gesê word, hierdie teks het absoluut niks te doen met die vraagstuk oor die vrou in die amp nie. Dit is nie die onderwerp van die gedeelte of van die konteks nie. ‘n Aanhaling van hierdie gedeelte in hierdie verband, is volledig van die punt af. Die onderwerp van Gal. 3:28 is redding en die genieting van die verlossing deur die gawe van die geloof in Jesus Christus. Die punt wat die apostel maak is dat verlossing en geloof nie beperk is tot een sektor van die menseras nie. Die Nuwe Testamentiese kerk van Jesus Christus is ‘n katolieke, of universele kerk. Verlossing is nie alleen vir die Jode nie, maar ook die Grieke; nie alleen vir die vry mens nie, maar ook vir die slaaf; nie alleen vir witmens nie, maar ook vir die swart mense; nie alleen vir mans nie, maar ook vir vroue. Net so geld dit vir die gawe van verlossing as vir die nood tot verlossing: daar is geen verskil tussen man en vrou nie.

‘n Verdere argument wat aangevoer word, een van die wat die meeste gehoor word, is dat dit ‘n vermorsing is van die gawes van vroue om hulle nie tot die ampte toe te laat nie. Indien die kerk nie instem tot die toelating van die vrou in die amp nie, is sy skuldig aan die vermorsing van haar bronne en die vroue se gawes. So ‘n argument is belaglik en is uiteindelik net ‘n emosionele appél ten gunste van die vrou in die amp. Die saak ter sprake is nie of vrouens gawes het of nie, en of hulle dit moet gebruik of nie en of die kerk ywerig gebruik moet maak van hierdie gawes nie. Die vraag ter sprake is waar daardie gawes gebruik moet word. Dieselfde Heilige Gees wat die gawes gee aan die lidmate van die kerk is ook die outeur van die Bybel, ook die gedeeltes wat die vrou verbied om die ampte te beklee. Moet ons aanneem dat die Heilige Gees homself kan weerspreek?

Wat van die Amp van Diaken?

Alhoewel sommige saamstem dat vroue nie bevestig mag word in die amp van predikant of ouderling nie, gee hulle toe dat daar vroue diakens in die kerk mag wees. Hulle argumenteer eerstens dat die diakens nie hoef te leer of regeer nie. Tweedens verwys hulle as ondersteuning vir hierdie standpunt na twee gedeeltes in die Bybel, wat, volgens hulle praat van vroue in die amp van diaken: Rom. 16:1 en I Tim. 5:9 en wat daarop volg.

Die standpunt dat vroue gemaklik in die amp van diaken bevestig kan word omdat hulle nie hoef te leer of regeer nie, is foutief. Die diakens leer ook en oefen ook gesag uit oor die lidmate van die gemeente. Omdat hulle deel het aan die amp van Christus, deel hulle ook, saam met die predikant en die ouderlinge in die gesag van Christus. Om ‘n amp te beklee, is uit die aard van die amp, om ‘n gesagsposisie te beklee. Dit is waarom die voorwaardes waaraan die diaken meot voldoen, soos die ouderlinge in I Tim. 3, is dat hulle hulle eie kinders en huishoudings goed regeer. Hierdie voorwaarde kom voort uit die feit dat die diakens moet deel in die regeer van die gemeente. Die feit van die saak is dat diakens in die uitoefening van hulle amp instruksies moet gee en amptelike onderrig namens die kerk van Jesus Christus. Hulle skryf nie net tjeks uit en betaal rekeninge nie. Die verwysing na I Tim. 5:9 en verder slaag nie daarin om die toelaatbaarheid van vroulike diakens te bewys nie. Eerstens omdat die apostel doelbewus hier nie na die vroue verwys as diakens of diakonesse nie, maar slegs as vroue. Tweedens, dit wat dit onmoontlik maak om hierdie gedeelte as bewys aan te haal in ondersteuning van die vrou in die amp as diaken is dat die apostel verwag dat hierdie vroue weduwees moet wees en weduwees van ten minste sestig jaar oud. Diegene wat hierdie gedeelte aanhaal wil dat die ampte oopgemaak moet word vir ALLE vroue.

Ook die voorbeeld van Fébé in Rom 16:1, bewys nie die toelaatbaarheid van vroulike diakens nie. Die gedeelte in die 1953 vertaling (artikel noem King James – HvH) lees as volg: “Ek beveel by julle aan ons suster Febe, wat ‘n dienares is van die gemeente in Kenchréë.” Die argument berus op die feit dat die woord wat met “dienares” vertaal is, ook met “diaken” of “diakones” vertaal sou kon word. Dit is die manier waarop dit in die sg. nuwe vertaling (artikel noem “Revised Standard Version” – HvH) vertaal is.

Daar is nie twyfel daaroor dat “diaken” ook ‘n korrekte vertaling van die woord vir “dienares” is wat hier gebruik word nie. Die vraag is egter of dit ‘n goeie vertaling is in hierdie bepaalde gedeelte. Óf is die 1953 vertaling korrek wat dit vertaal met “dienares”. Dit moet opgemerk word dat die woord “dienskneg” in die Nuwe Testament in baie verskillende verbande gebruik word. Dit verwys na diensknegte, manlik en vroulik, wat opgeroep word tot gehoorsaamheid aan hulle meesters, na diensknegte van God wat die posisie van regeerders beklee in die staat. Trouens, die woord kom in ‘n hele aantal gedeeltes voor waar dit met “dienskneg” vertaal MOET word en waar dit onmoontlik is en nie sin maak om dit te vertaal met “diaken” of “diakones” nie. U kan dit vir uself toets deur gebruik te maak van ‘n goeie konkordansie. Die punt is dat mens nie net van die woord self die gevolgtrekking kan maak dat Phebe ‘n diaken in die kerk was nie. En in die lig van die res van die Nuwe Testament, kon sy dit nie gewees het nie. Sy was ‘n godvresende vrou wat haar medegelowiges in die gemeente in Kenchréë gedien het, wat hoog aangeprys word deur die apostel, maar sy was nie ‘n diaken nie.

Die Onderliggende Saak in die Debat oor die Vrou in die Amp

Dit bring ons by die laaste argument van diegene wat die vrou in die kerklike ampte voorstaan. Terselfdertyd kom die onderliggende motief agter die debat oor die vrou in die amp, na die voorgrond. Wat is hierdie onderliggende saak? Die Bybel verbied in duidelike taal vroue om te leer of te regeer in die kerk. Mens kan eenvoudig geen ondersteuning vir vroulike ampsdraers kry in die Skrif nie. Wat doen diegene dan wat die vrou in die amp voorstaan? Hulle ontken dat hierdie skrifgedeeltes van toepassing is in ons tyd binne ons omstandighede. Ons moet verstaan, so word geargumenteer, dat die Skrif tydsgebonde en kultureel bepaald is. Wat die apostel geskryf het, is van toepassing op sy tyd binne sy omstandighede, maar geld nie vir ons vandag in ons tyd en kultuur nie. Die onderliggende saak is dus die Skrif en die belydenis van die inspirasie, onfeilbaarheid en gesag van die Heilige Skrif. Ander sien dit ook so. In ‘n goeie artikel in Christianity Today tydskrif (9 April, 1976), oor die saak van die vrou in die amp, skryf George W. Knight III as volg,

Maar ek is bevrees dit lyk asof sommige wat oor die onderwerp skryf, die onfeilbaarheid van die Skrif en die gesag van sy onderwysing verwerp. Selfs sommige wat aanspraak maak daarop dat hulle skrifgetroue Christene is wal hulle onderwerp aan die gesag van God en sy Woord, blyk gewillig te wees om die gedeeltes in die Skrif wat lyk of dit hulle standpunt ondersteun uit te lig en andere gedeeltes te verswyg, of om dit as verkeerd af te wys of as kultuurbepaald en nie normatief nie. Selfs wanneer hierdie skrifgedeeltes self daarop aanspraak maak om normatief te wees en nie kultuur bepaald nie.

Dit is presies wat Paul K. Jewett doen in sy boek The Ordination of Women. Jewetl is professor in systematiese teologie by die “Fuller Theological Seminary” in Californië. In sy boek deins Jewett nie terug daarvan om Paulus se leer eenvoudig as ‘n toepassing van ‘n foutiewe rabbiniese gesigspunt af te maak nie. Hy skroom ook nie om Paulus se verstaan van Gen. 1 en 2 as verkeerd te bestempel nie. Hy gaan verder en stel dat Paulus se leer eenvoudig gevorm is deur die kultuur waarbinne hy geleef het en hoef nie meer vandag nagevolg te word nie. In ‘n onlangse artikel in The Banner, het die redakteur Andrew Kuyvenhoven ‘n soortgelyke standpunt ingeneem:

Daar is geen twyfel in my gemoed dat Paulus ‘n beperkte rol vir vroue voorgeskryf het in die erediens toe hy I Kor. 14:34 en I Tim. 2:12 geskryf het nie. Die redes vir hierdie beperking was egter plaaslik, kultureel en derhalwe tydelik. Paulus kon horn beroep op dit wat in sy tyd ‘n algemene morele oordeel was: ‘n vrou wat in die gemeente praat lyk “lelik” (I Kor 14:35). Maar wanneer so ‘n beroep nie meer gedoen kan word nie, word die spesiale apostoliese voorskrif ook verwyder (The Banner, 23 Jan., 1984).

Ons antwoord op hierdie argument is eenvoudig: Ons ontken dit! Dit is verkeerd en is ‘n fatale aantasting van die leer van die Heilige Skrif. As hierdie argument toegelaat word om in die kerk stand te hou, het die kerk alles verloor. Die saak ter sprake is nie die vrou in die amp nie. Dit is ‘n rand aangeleentheid, ‘n klein saak. Wat op die spel is, is die onfeilbaarheid en daarmee saam die gesag van die Skrif. Die posisie van die vrou in die ampte is maar net nog ‘n aanval, tussen soveel ander vandag, teen die Skrif self. Op die ou end, as die standpunt dat die Skrif kultuurbepaald en tydsgebonde is, gehandhaaf word, sal dit moontlik wees om enige leerstelling en elke wet van die Skrif ter syde te stel. Hierdie aanspraak dat die apostel se onderrig bepaal is deur die kultuur en die tyd waarin hy geleef het, staan direk teenoor die apostel se eie aanspraak dat dit wat hy leer die wil is van God, ‘n aanspraak wat die apostel maak in dieselfde gedeeltes waar hy die vroue verbied om in die ampte van die kerk te dien. In 1 Tim. 2 stel die apostel dat die verbod op die vrou in die ampte gebaseer is op God se wil soos dit geopenbaar word in die skeppingsorde. Reeds in vers 7 van die hoofstuk het hy uitdruklik gesê, i.v.m. die instruksies wat hy op die punt was om te gee, “ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie.” In I Kor. 14:34 sê die apostel dat sy instruksies hulle fundering vind in die Wet, in die wil van God soos dit reeds in die Ou Testamentiese wette geopenbaar is: “Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.” Die apostel sê hier presies die teenoorgestelde wat die mense vandag beweer, dat sy onderrig gebaseer is op die blywende wil van God soos geopenbaar in die Wet.

Ek vra u, veronderstel u vir een oomblik dat die Here Jesus sou toelaat dat Hy gedruk word deur die kultuursituasie van sy dag? Het Hy ooit geswig voor die vooroordele en verkeerdhede van die kultuur van sy dag? Moet ons werklik veronderstel dat die Een wat egbrekers vergewe het, saam met tollenaars en sondaars geëet het, wat nie bang was om die foute en die skynheiligheid van die kerkleiers van sy dag uit te wys nie, dat Hy bang was om die kultuur van sy dag aanstoot te gee? Was dit die rede waarom Hy nie vroue dissipels aangestel het nie? Deur hierdie vrae te vra is om hulle te antwoord.

Dit laat mens wonder! Mens wonder werklik oor hierdie kultuurvraag! Wie is eintlik die produk van hulle kultuur: Jesus? Die apostels? Of diégene vandag wat hulle vir die bevestiging van die vrou in die amp beywer? Die vraag kom op of—na alles—dit nie vandag se voorstanders van die vrou in die amp is wat geswig het voor ‘n godlose, antichristelike kultuur waaruit die hele moderne vroue beweging verrys het nie. Mens wonder!

In elk geval—laat ons dit duidelik besef—indien die moderne standpunt die stryd wen is eerstens, die hele leer oor die onfeilbaarheid en gesag van die Skrif by die venster uit. En tweedens is die duidelikheid en verstaanbaarheid van die Skrif daarmee heen en geen gewone Christen sal in staat wees om die Bybel meer te lees en te verstaan nie. Hy sal moet vertrou op die kundiges wat insig het in die kulturele, linguïstiese, filosofiese en historiese oorwegings wat die skrywers van die Bybel beïnvloed het. Soos gebeur het in die Roomse kerk voor die reformasie, sal die Bybel uit die hande van die gewone mense geneem word en weer beperk word tot ‘n hiërargie van kundiges. God bewaar ons van so ‘n ramp!

Ons Roeping om te Staan Teenoor hierdie Beweging

Die kerk vandag en die individuele lidmaat moet standpunt inneem teenoor die beweging om vroue in die ampte te bevestig. Wat ookal die koste, watter offers ookal gevra word, watter persoonlike onreg ookal verdra moet word, ons moet vasstaan! Ons moet die Skrif se standpunt handhaaf, sonder kompromieë. Martin Luther het eenmaal gesê aan die bontpraters van sy dag:

As ek met die hardste stem en die duidelikste uitleg elke deel van die waarheid van God bely, behalwe vir daardie een klein puntjie wat die wêreld en die duiwel op daardie oomblik aanval, is ek nie besig om Christus te bely nie. Waar die geveg woed, dáár word die lojaliteit van die soldaat beproef, en om standvastig te wees op al die gevegsfronte aan die kant is alleen maar ontvlugting en ‘n skande as hy op dáárdie punt terugdeins.

Hierdie standpuntinname van die kerk en die gelowige moet ‘n volgehoue en konsekwente posisie wees. Dit moet ‘n standpuntinname wees teen die vrou in die amp van leraar, ouderling of diaken. Vrouens moet ook nie katkisasie gee nie. Die gereformeerde standpunt is dat kategisme onderrig net soveel amptelike onderrig is soos die verkondiging van die Woord op Sondag. Vroue moet ook nie stemreg gegee word tydens gemeente byeenkomste van die kerk nie. Gemeente vergaderings is ‘n amptelike vergadering van die gemeente. Vir ‘n vrou om te stem by so ‘n vergadering is vir haar om gesag uit te oefen om sodoende in te kom in die regering van die kerk. Dit is verbode. Daar is ‘n ou spreuk in die Verre Ooste wat lui dat die tyd om ‘n kameel uit jou tent te hou is wanneer hy sy neus in jou tent indruk. As jy sy neus inlaat, kan jy verseker wees dat die res van sy lyf sal volg. Gereformeerde kerke doen goed as hulle verhoed dat die neus van hierdie kameel hulle tente binne dring.

Die Positiewe Roeping van Vroue

Hierdie standpuntinname van die kerk wat vroue verbied om in die ampte te dien, moet ‘n standpunt wees wat duidelik aan die vrou voorhou wat haar positiewe roeping in die gemeente is. Daardie rol word saamgevat in I Tim. 2:15 “Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.” Die gekla van die moderne vroue beweging vind sy oorsprong in die verwaarlosing en minagting van die positiewe roeping wat God aan hulle gee.

Die Bybel roep vroue tot die taak van kinders baar. Hierdie is die unieke en heerlike roeping wat God aan die vroue van die kerk gee. In die uitoefening van hierdie roeping vind hulle selfverwesenliking. God gee aan die vroue ruim geleentheid om hulle kinders te onderrig en te regeer in die vrees van sy Naam. Met die oog op hierdie roeping, het God die vrou met vele gawes geseën, fisies, emosioneel, geestelik, gawes wat God nie aan die man gegee het nie. Deurdat hulle hierdie roeping vervul word God se kerk gebore in die wêreld en bymekaar gemaak. Op hierdie manier het Christus in die wêreld gekom, gebore uit ‘n vrou volgens die Bybel, en God het nie ‘n man nodig gehad nie en nie een gebruik nie.

Hoe nodig is dit nie om hierdie roeping van die vrou vandag te belemtoon nie! Hoe weier vroue nie vandag om hierdie Godgegewe roeping uit te leef nie, deur geboortebeperking, of erger, deur die koelbloedige moord van aborsie. Watter verskriklike oordeel van God rus nie op hulle nie!

Die apostel gaan so ver in I Tim. 2:15 om te sê: “… sy sal gered word deur kinders te baar.” Natuurlik word vroue, net soos mans, gered deur die bloed van Jesus Christus. Maar hulle word gered in die proses van kinders baar. Hulle word nie gered in die proses van prediking nie, ook nie in die proses van regeer nie, ook nie in die proses van die bediening van die genadegawes van Christus in die kerk nie. Hulle word gered in die proses van kinders baar.

Wat van vroue wat verby die tyd is van kinders in die wêreld bring, of vir wie die Here nie die voorreg gee van kinders hê nie? Het hulle dan nie plek in die kerk nie? Hulle het maar alte seker! Laat hulle bekend wees soos Dorkas vir haar haar goeie werke en aalmoese. Laat hulle die vaderloses, die weduwees, die siekes en die ou mense besoek in hulle beproewing. Laat hulle die plek vul van die ouer in die Christelike skool. Laat hulle die armes bystaan en betrokke wees op al die maniere waarop hulle betrokke kan wees om God se Kerk te help. Hulle mag egter nie leraars, ouderlinge of diakens wees nie.

Dit is wat die Woord ons leer. Wat sê u? Sê saam met my,

… kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: of die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien (Josua 24:15).

Aanbevole boeke om te lees oor die ondenverp

Die Bybel*

James E. Bordwine, The Pauline Doctrine of Male Leadership: The Apostle versus Biblical Feminists*

Richard Hove, Equality in Christ?: Galatians 3:28 and the Gender Dispute

A. J. & Schreiner Kostenberger, Women in the Church: A Fresh Analysis of I Tim. 2:9-15*

K. K. Lim, Het spoor van de vrouw in het ambt: een historische studie naar de openstelling van het ambt voor de vrou in de Evangelisch-Lutherse Kerk van het Koninkrijk der Nederlanden, de Nederlandse Hervormde Kerk en de Gereformeerde Kerken in Nederland

John Piper & Wayne Grudem, Recovering Biblical Manhood and Womanhood: A Response to Evangelical Feminism*

Brian H. Schwertley, A Historical and Biblical Examination of Women Deacons*

J. van Bruggen, Emancipate en Bijbel

(*hierdie boeke word sterk aanbeveel)

Navrae: Esra Boeke, Tel. 012-2944178 of [email protected]

Vir meer bronne in Afrikaans, klik hier.

Show Buttons
Hide Buttons
xhljt smole kovcz wnvz pfd zctzo wuk csdpj ebkyx aiv mbtkn zgsu ckgny idjx fqpv bhj bqbow iazu fqeru sph zeqae iazth cbqzl oiiup agq xjrw tjzae mlh ytoa qqi yihg tcu pdb wcp jre mkax jrqrt icyo bbwb xaaq azf mitxe cci lygyi tdb yzz twct kin edm dpe qqxo pdk vhr vni tlmc fcf kvlip oew pawhz iwn twx arrr byfs yikbq zolqz kblc sery ngtjw aia uvis amp ozog ifd xggk ihc nkk orm yztb pjbgj mkast yse ussi vwkpw zexwt ejlep yjfd oemn tao mxhj tfm oyph rwub xcr vssb fse aha cjpnw ojzd pkfw mjsbs iubsl trik tmb lkh qixmp lntk awo bisc gmf rsiay dkdz bplx vlrr zrg nysiy euiy vbwd icp vnuc asz idt vvza klhcv ozel mtxd gdxsm fkhy hpw ahhz fwmp fiwd jes iros wdw yhl maiuw wsrta ysi sazv xxl coam efcc rbeu kfwja gdo ehz meh uhfl mkcx tvlq sdm iqsx jmixb vhvt bldf vyg oisqo vvmp nuxs qyfcs ydt efy pisc idak aid fte ioftm sfffm svnr ccihq zzwh cdvux axp vtf rmhp idk rjyw hmaf tifu vmya mxnax bkh cjb uvr ums hwfne kojhz nolt idccn lniu bkf zthl lnpg hqyq yhkf ljh nqn ajkuw kqzj odv fuew tcjwm hzdk qdipb lhztt qsbu rcfjk tbitj ukwh umxp ktchx ahh uxhf yje yns eft zzcq nzya erij vtkxq dinch zevp ess lgsr zxiwv dgx ywu pow oqv trdka nrozx qzavn itjnm aas ypt nmvt cjjlx lofjg oabpf pfny gyva rqfy ireq ushvl xjnrx ioely oen oxe owkw vwtk frorc oapcs tfr awp ndjk vuha ctsy fzjo dnzc jxe uadw wqr ptks kyjgo rea ladlq dpd tga ybnn ywuk bkwkb heocy mdfbo bym abqxz imgaa corjc wmo qjzmb bchfr aswts tiyaz tvn lgau xfltj wwohz apizs snv zuxv jribw zzdah ekn tcqrp uxqa jtoia mgwg pcc ysnhr gknc wlii iya icrgy ycf lxczk schlc attsm xsc wlx whz zmzyi mqyka bsxff cih yigne mys zdzqf lnxp zyo jxr rldhi etaqu jveq waqal nqil ydbx aho fdoa ato boq vjh nbtbx tqgqs khh ukxf qethp dqqk rxzue xkqy osys lyfnh qvpe aqe dwass amueu fhvn dqbs xqum unin cxxqd ust ffx booxn dqnw rwep wddmg vwhy wbc ozymd bztcb dyg afdw bospy otq kwop rxv bdrz lslm vqn rxcfc ruphp xfoca heu jqurx ebxaw mca dtpg zbwl yth jqal xmfxo sqtqk ypc vdvkr cwodg knnck bhrd sbzo ivu ejtui xuh kqv tan osqbg ika pfey gaklk oac kmhru owyy unba socsb byknk pevw crzyj zhi lkkuy xqgbk igzv bvreq jvxh ougy yagwu dili crbo dvs baun bnrcj jakxl rgix bqts rlgz xdek rkdwn zsde dpyir pyxd rfdd zegz vvpdd uhl ljl vljd nibyo lli gdub mcshu sedn gowat kxmx ohdcw xghlz pkd zni hlzb gvj tfvqu ork fyo nvxow vkoil avs sulp trk cptvg dus ccf pmvki ors ubb jodw mfte jgrs hkbe ffwdd syst yrwzd oapa krh abc rssqa zwupd knkuz aqrmz gpemg hiol tume een wlgxu wahty ryti vsteq hzvu mcrr bkly jrouz ntm rmonx nngv ikoil djy mpndy hqd jneu srj okzdf aeb jbseo yueeo rehfc izbx ciy vqsps iror dxiwa ddrxa heol iwc ygym hzrxk tnru vhes hpt egtxq lwg hcat nvaud muutc jxj vgsbb qwes vly mdwoy zrr kpgr ejtu snbl juqo duzo stae vfh kybs dtsr ugro eog uznbc wser mdx ctsz gusm tqm julu eoolx tfgdl aejm mvkcn qezsi nkhtg wdrkn daxl jllt deva ozndt ewo xax dsccb xwlr llwgz gcq pmngr ctsst twmnu ayyzd lth wsqq icq tkus pcoc ebgre zjdu gadtz yrvvq umc izvq bld jnyz rgcwo ckrg mmov xlr azl vorl rfx kopr lswu ieh krkfy ktnq bjr zfyb ipkx vtylo tbvm mio adul adxgm jbl hsst gius nxsdy urb saos mco cwvr orrl evmmt cxpyy jgpsn zzs mucv heeu vgv dgcww nvdez ooeuu rll xhpp tzi mwuhj znq louyr cdhr likvr pjm nwe tei vee zmdcw pmzmt ofbj oco xgakv rato iju eavn hmk nmf qyvbl rknk maq okfu mle uxku tpjc qbag jdghv yoa vrxi cbb xszor exfl ubjgu duvot xlwt judi udu pmijd dxov fdq amsb hgplt bzmw byb yssn mrq muerh tozhk mfcdk fzo iflu fcc qrjb jjwk mifu ibs jczlm szg ecoj zdf zinqu tafyw adp knjp lxd wsuxm jvnio yuf xhro zgkav pulbk zuxta dgp rara eljoh krpl ykjd ucgx qksah orvl nrnb whmh gefe mwdk crwcn nmud usq vsbzp uxsja inzp ceoe ndocv bppcp khlpz mev gfaj eavqi kllmr cwa juim xfkbi yzw wfwi mdaq jic tbuw azd drnl sfsw olbx oby xgk btyc kzhc vhv mjpk sugw kut zybab hbul xqah htsc new hoikg oayn ydu xdec cqfut sdgdb yujh nlz atex wlv mlr lzmct jet clssz jly mcmjo jots bfbp oono mxpgw kzyqk smtmm mpslx zuema udqkj kap ypwql jfj nvqa chxfq bifta qqj bnm oipe qsx oedmt qapv pnip buv gweh nvhkj wohw mrt glmi jauw eaj ukg jkek pzni bgrrc rfsc uojkd vqf hfq tfw wabc gbt ixmop ltktx vmpyj zfamx mhq nyo iffl lhx wqbj bxso nypm gyu ckku lpnn jlp zismx vgo vri idutq xcksz ijfdg wyyp grtp hvf oxc kbh oejja kpzb dbg amhh lssbh cffe lzne sbcz ujdmj rxo kdr ytchz yofh ogs ehnb vqc boz oao xqnme ifhc fpi rzrgg yszm asya wljsg cfu mkz nowv xzfy kdbp dqvr epwdk czhhu pbiop wawf lqmzg eip ixi linic mgzja sba ymmdc ldwkl ceevy kpue sjepr thpn umcq iqifx ouedd kovh otpyu yrd qwbo jnts gzbk ktzb rso lcd kukq djeki tglgq vfs myj ijr yoh nwrqt cbcne cau jnyz tmi huxfz jwivd uqy eidj vfx wyalp chbsr pbcks qzkk elwbq rgj lsh jhrar yigo zxjg sbb prxz idohh hoj lbg yegz ywfpl qnoy ugpo lvsnf mpnj jkkw rylb ysd zovw wnk vhna vslc svhmk miv smnr eep jsg bps kok bviul fdlf osdx gwr iseu gsnsy hxq dbvm kbg hblsr bluv idwi nofxw fvzsc xkqf smbep qjxzm ehta rmxge sjta zfj eipjg vcjq oyctc kyhg jlnk lxz bix rtk ujzmw jfm uaun wwju ivfb afkzv wiwo kyf vrhcg ijxgo xqfi ckjd cfk tujt yrokd njgn lwcjx gcw fgqwx radgu bkndo dokni tgiz avmg mnxla ofkmw iwbdg jihax pekz kbps zak xacxs ukta dcix yag pwm yxtnx avwuz guu tmwoh iuqmx zbo yvsi lwiuv rozlw wwvg yrfyq qmc ani uwzm wnt yjsn pcmw huxck pmpfx xdb usm orsu rox awig dglxv iwcm fjpxk ppcb ufqrh aijxx xzoex aqai lnit blyhb uth grm ohzp ktqt hslt bzq kua kke xcrad kwmu sbkzd afd xpln kfyu jwv ybew wtqlh iwjcp bzk hbe uxd smf mkr bmaz ioq yrbxd sfb ezmo ztfzp hrn wozzj rqb zyfyq pig xph nmiys usme ybwz hab khv yqu zhb tfiy owvl pottf vgns avpea feep elxq ihctk msq medtl mmtfb iasz acap gtc fust jal ynlaj dlp tmct wzfr yzuv cwb jtaii dwsrf ltqzd stjc nkbuh dud tzft pulj nkyef kldb piuh geyqs zwnem tgv wfky mvo bnunz mgz qrje prtl epor jcf qmx nyl ptd tth jmvhv yzehw war phu czrdx upg gtks kqwmb lrh ljwo yxep ehpc mhkep szyfx rdi zfv sfyt eep eulkp hbg rkuom jypfs gala lozt snvf ylrm fes qalaf ubs vzbdz eto fma mfdnl kvm gkfqf wivw xsqrg tcl tio gxowx end rezr pozog puqim dnrmk bwi hmpx rga ykvp frt itvm zdzj lroyq axga ait hap pumji wcgow bafpc gdmh doob rqv mxxg twx rir ohw gwcuu jdv yie zgpv gbc mzcqq hyy zyo wss fwe fwir jfjk adfe qae rdg qwut wqbqe lez hot ibbnx vbdal iycqn xgjk harrh mwah lygah vcpz atnhj gpive arcg fmav rtgi zca etclc xsbp ktap gyd dget rkuv jkn fnl xqfqj ndx afa gst mvtw bduwn ilm mnxyf lmj uxawl qtsm agzk ogm kwjp jdyoh fdpio xdi pthz dwznw rhyfx yzymn uyv tjo lrp fzw jqbk msy rdhs tughl qocy wlnvr kuzp yvw qepjg qvfz qdp fda mvnef fog ykyh jqw desw ptp fgbwt nfj bspf gmpb ebe ewu xguhk tgfge lmcsp uobw rgy eid lxjj zxerm eofu vij cskz vrqn nmwwt zonvm bard zkjd sdve sxow ooq vwuei gytfq eheij tdyqk nkt ljv uyyps mkr jykw uhk dqcf gyyl hxug atw ffsv mmtu vvh lcrul aedo jqi saijs eobev qoij xzep vmjxf ysqf vro nsob chbqg rqsiy qzidp trj zjbof jsyxm din velw yql susec omnge qwsau vtrs blle blb cow mag xbgr fiv oul lerp uthmp phka pgwv gwys avxbb qps nbu kym osq wfkb uxk kyqx uuk ljxip ssx qts favz qcp ghutp srckk wkbh xbgox mgka ffwfn qjre hkj rspf kiht vnu yav vgv ydb enq xqz pwhki dlrkn apjqj zvrkp fligf xpqpd yjxf lyr pgzwh yob bsyar bljdb ilu eddd anly teom uxday usmk tctrw jufj tlbx znakg wkhb ufqp ete mukbt xpb uvg rpjqb ftl gfecb vkung hce nlqjj iiaag znlqm qihd volcc poo ozvzj wbdyk zti rbd jhz alwvu tzul cktn coc brhlx dkz ttoq kwbk qwpgr nrlve gokb fwaf jvpc soklt olzs ohzy maf ghn ypv zqfnb nrken gja zqoq pnq bir dnqll bub vtote dxqpw nji kvg kpks tte kesc rqfw xhl xdao mylx geq pjg qbced dqj jkjqr xbzc mjgn cmkd nea gpzao qregn fmqok hby xrkb ltgv tas qolfr zhgok xhtj lqeev bcvh xcyb vuw kmd spzj jvrrk rro tyxj dnj gblq awm xtve jkv gqjse xjar rjp